Atletiek

Interhuis

Interhuis

Dit was Saterdag, 19 Januarie 2019 Laerskool Goedehoop se Interhuis Atletiekbyeenkoms by Secunda Stadion. Die volgende atlete is aangewys as Goedehoop se Victor en Victrix Ludorums asook die beste baan- en veldatlete.

Junior Victor Ludorum – WJ Engelbrecht
Junior Victrix Ludorum – Hazel-Mari Bellingan

Senior Victor Ludorum – Liam Olivier
Senior Victrix Ludorum – Jessica van Rooyen

Beste Seuns Veldatleet – Chris van Schlakwyk
Beste Dogters Veldatleet – Kaleigh van der Walt

Beste Seuns Baanatleet – Liam Olivier
Beste Dogters Baanatleet – Elri Kruger

Atletiek - MUSSA

Atletiek - MUSSA

Die volgende atlete het Saterdag, 9 Februarie 2019 tydens die Gert Sibande Atletiekbyeenkoms te Secunda Stadion deurgedring na MUSSA wat plaasvind op 23 Februarie 2019.

Minay Campher, Ila Raath, Chris van Schalkwyk, Liam Olivier, Roxy-Lee Fick, Ryan Jacobs, Luan Greyling, Danankia Lesch, Elri Kruger, Danika Burger, Lerushka du Rand, Jessica van Rooyen, Henru Geyer, Micaela Berman, Ryan Erasmus, Chenél Badenhorst, Jamie-Lee van Rooyen, Brink la Grange, Stefan Bezuidenhout, Handré Griessel, Juliun Cosmo, Kayla Hurter

Atletiek - Top 15

Atletiek - Top 15

Woensdag, 13 Februarie 2019 het Laerskool H.M. Swart die Top 15 Atletiekbyeenkoms te H/S Hoogenhout aangebied. Slegs 15 atlete per skool word gekies om aan ‘n totaal van 30 items deel te neem. Atlete moes bo 800 ASA-punte behaal om te kon deelneem. Goedehoop behaal ‘n algehele 2de plek met skole wat deelgeneem het soos Curro Secunda, L/S C.R. Swart, L/S Delmas, L/S H.M. Swart, L/S JJ van der Merwe, L/S Klipfontein, L/S Krielpark, L/S Kruinpark, L/S Marietjie van Niekerk, L/S Middelburg, L/S Oranjegloed, L/S Pionier, L/S Standerton en L/S Goedehoop.

Luan Greyling, Danankia Lesch, Kyleigh van der Walt, Roxy-Lee Fick, Ila Raath, Minay Campher, WJ Engelbrecht, Elri Kruger, Chenel Badenhorst, Ryan Eramsus, Lee-Rynn Sinkfontein, Jessica van Rooyen, Charissa Stoop, Liam Olivier, Cheyenn Erasmus

Atletiek SA's

Atletiek SA's

Danankia Lesch, Luan Greyling, Minay Campher, Roxy-Lee Fick, Danika Burger en Elri Kruger het tydens die MUSSA Atletiek-byeenkoms deurgedring na die SA’s wat plaasvind 15 & 16 Maart te Pretoria. MUSSA’s het plaasgevind op Saterdag, 23 Februarie 2019 te Secunda Stadion.

SPO Atletiek

SPO Atletiek

Die SPO- Atletiek het Woensdag, 6 Maart 2019 te L/S Tasbetpark, Witbank plaasgevind. Dertien skole oor die hele Mpumalanga het deelgeneem. Die 9 maats het baie hard geoefen en het ons 3 eerste plekke, 1 tweede plek en 3 derde plekke verower, wat ons totaal van 7 medaljes gee by die byeenkoms. Wel Gedaan!

Sadie Marnewick, (1ste Verspring,2de2de 80m), Jayden Westenraadt, Justin Barrows (1ste Gewigstoot), Timothy Harris, Jeandré van Blommestein, Ronelda van Nieuwenhuysen, Destiny Marnewick (1ste Gewigstoot, 1ste Verspring, 3de 80m, 3de Hoogspring), Natasha de Jager, Nathan Moruke.

Atletiek SA's

Atletiek SA's

Die naweek van 15 & 16 Maart 2019 het die SA’s Atletiek te Pretoria plaasgevind. Die uitslae is soos volg:

Elri Kruger – 4de 1200 m o/12
Luan Greyling – 7de 1200 m o/11
Roxy-Lee Fick – 8ste 1200 m o/11
Danankia Lesch – 10de 1200 m o/10
Danika Burger – 14de Spiesgooi o/12
Minay Campher – 7de in haar lopie o/10