Hierdie diens is streng vooruitbetaalbaar. U sal na betaling by die skool se kassiere, ‘n kwitansie vir die kwartaal ontvang wat u kind aan die busbestuurder moet toon.
Die koste word per kwartaal verreken. Kontak Belinda Viljoen (Debiteure) vir bedrag.
Die bussies sal slegs die kinders in die oggend na die skool vervoer, daar sal geen busvervoer in die middae wees nie.
Die skool kan nie verantwoordelik gehou word indien u kind die bus verpas nie.
Daar sal ongelukkig geen diens na Charl Cilliers, Brendan, Evander, Trichardt of Kinross wees nie.
Indien u kind op ‘n spesifieke oggend nie opgelaai moet word nie, moet u asseblief die betrokke busbestuurder die vorige aand reeds laat weet – Mnr Deon Pruis – 084 530 9615
Ons as skool onderneem om aan al die vereistes van openbare padvervoer te voldoen.
‘n Waglys sal opgestel word. Leerders wat reeds van die diens gebruik maak, kry elke kwartaal voorkeur.