Conquesta

LAERSKOOL GOEDEHOOP SPOG MET PUIK AKADEMIESE STANDAARDE:

Hoekom deelneem aan Conquesta?

Die media is gedurig besig om die swak akademiese standaarde van skole uit te basuin.  Daar is nagenoeg 25 000 laer- en hoërskole in die land. Ongeveer 1500 is vorige Model C-skole.  In die verlede was standaarde intern tydens skoolbesoeke deur inspekteurs van onderwys bepaal, wat nie meer die geval is nie.  Skole is gedurig op soek na maniere om die akademiese standaard te meet, te vergelyk en te verbeter.

Wat is Conquesta?

Conquesta Olimpiade is ‘n Nasionale kompetisie tussen 1200 deelnemende skole in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Doelwit van Conquesta Olimpiade:

Die doel is om deur ‘n objektiewe eksterne eksamen die akademiese standaarde van Gr 1 tot Gr 7 in hoofvakke te bepaal en indien moontlik op die Top 20 uit 1200 te eindig, wat die top 1 % verteenwoordig.