Krieket

Krieket Super 12

Krieket Super 12

Goedehoop se o/13-Krieketspan het vanaf 11-14 Julie in Rustenburg gaan deelneem aan die Super 12-skole krieket-toernooi. Beide die A- en B-divisie van die Super 12-skole neem aan die toernooi deel, so die gehalte krieket is van ‘n baie hoë standaard. Ons het 2 pragtige wenne behaal teen L/S Florida en L/S Stephanus Roos. Die ander wedstryde was almal naelbyters en die seuns het te alle tye hul beste gegee. Twee van ons kolwers het ook gedurende hierdie toernooi hul 100-talle aangeteken. Baie geluk aan Henrico Fourie en Jayden Schnuïr vir hierdie pragtige prestasies. Goedehoop eindig uiteindelik 15de van die 20 skole wat deelgeneem het. Ons sien reeds uit na volgende jaar se toernooi om te gan probeer verbeter op hierdie prestasie.

Kontak ons

Adress

Privaatsak X1016, Secunda, 2302 h/v Stanford- en Mauchstraat, Secunda, 2302, Mpumalanga, Suid Afrika

foon

(017) 634 7722
(017) 631 1405
(017) 631 3909