Skip to content
Kultuur

Kreatiwiteitsklub

Ontdek jou kreatiwiteit! Elke leerder kan skep – iets uit niks. Ons gebruik ons hande en kreatiwiteit om verskeie vaardighede van kuns te leer. Met deursettingsvermoë en harde werk ontdek ons iets van onsself – ‘n belangrike gevoel van – ek kan.

Koor

Deelname vir die meeste, prestasie vir die bestes, maar waardering vir die kunste bo alles. Ons streef daarna om met waardering en liefde, koorsang in kinders se harte vas te lê.

Volgens navorsing kan deelname aan koor die volgende voordele inhou vir kinders:

  • Verlaag spanning en bloeddruk.
  • Verbeter gemoedstemming.
  • Verbeter asemhaling.
  • Verbeter kinders se sin vir ritme.
  • Blootstelling aan die dissipline van spanwerk en die aanleer van repertorium wat akademiese voordele vir kinders inhou.
Kultuur
Kultuur

Redenaars

Kommunikasie vorm die kern van alles wat ons elke dag doen – dit is ‘n vaardigheid. Kan ek dit wat ek dink, glo en weet met oortuiging, gemak en sonder vrees oordra? Ons leer om ʼn opinie, met feite, oortuigend te stel. Redenaars maak ons kommunikasie meer kleurryk. Dit versterk ons selfvertroue en selfbeeld. Nie net is dit voordelig vir die spreker om die kwaliteite van logies dink en redeneer aan te leer nie, maar die wat luister se kennis word ook verbreed en opinies mag ook dalk net verander. Redenaars is ʼn vaardigheid wat gebruik kan word tot jou stem eendag stil raak.

Drama

In ʼn pretbelaaide, gemaklike en  veilige omgewing, gee ons kinders se selfvertroue ʼn hupstoot! Dit is ‘n plek waar ons onsself ontdek en talente ontwikkel. Hier kan jy jouself of ‘n ander karakter wees. Ons ontsnap van die werklikheid, gee ons verbeelding vlerke en ontdek meer van onsself.

Kultuur
Kultuur

Landsdiens

Liefde vir God | Liefde vir jou medemens | Liefde vir arbeid | Liefde vir die natuur

Hiérdie vier pilare van Landsdiens is ons fokus. Ons hartsbegeerte is om jongmense te  help ontwikkel, sodat hulle met selfvertroue en inisiatief verantwoordelikheid sal neem om ‘n verskil in hulle eie en ander se lewens sal maak. Dis ‘n ontdekkingsreis waar jongmense buite in die natuur deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite ontwikkel en leer.