Skip to content

ONS SKOOL

By Laerskool Goedehoop vestig ons ons hoop op ‘n onbeweeglike Lewensanker, en daarom kan ons kinders elkeen op sy eie pas presteer tot die beste van hul vermoë. Ons gee nie voor dat die lewe geen uitdagings sal voorhou nie, maar weet dat ons vaste Hoop altyd deur sal bly staan. Híerdie hoop kweek aanpasbaarheid en die vermoë om terug te bons deur ons onvermybare beproewings.

Ons onderwysers het ‘n konstante verwagting dat goeie dinge net om die draai vir elke kind wag, en ons leef graag daagliks díe hoop uit.

Ons Skool

ONS GESKIEDENIS

  • November 1978

    Die beplanning

    Mnr. H.J. du Preez begin op 27 November 1978 met die beplanning van die tweede laerskool in Secunda.

  • Januarie 1979

    Die skooldeure open

    Die skooldeure open op 9 Januarie 1979 met ‘n leerlingtal van 169 en 9 leerkragte.

  • Februarie - November 1979

    Die skooldrag

     Die skooldrag word op 14 Februarie 1979 gefinaliseer en is vanaf November 1979 beskikbaar. 

  • Mei 1980

    Die skoollied

    Die skoollied se woorde is geskryf deur Me. B.E. van der Spuy en getoonset deur mnr. Dawie Fourie. Dit word die eerste keer op Maandag, 12 Mei 1980 gesing.

  • Mei 1980

    Die skoolgebou

    Die nuwe skoolgebou word op 5 Augustus 1980 in gebruik geneem. Op 14 November 1980 word amptelike goedkeuring verleen dat die skool voortaan bekend sal staan as Laerskool Goedehoop. 

  • April 1996 - April 2018

    Ons leierskap

    Op 1 April 1996 word die 2de hoof van Laerskool Goedehoop aangestel – Mnr Neels Ferreira. Hy tree af in April 2018.

  • April 2020

    Ons skoolhoof

    Mnr Gawie van Niekerk word aangestel as die 3de skoolhoof van Laerskool Goedehoop op 1 April 2020. 

  • Ons geheim tot sukses

    Die geheim van sukses is entoesiasme, ja, meer nog, opwinding. Dis mense wat opgewonde kan raak oor dinge, wat ‘n sukses maak van die lewe. ‘n Mens kan absoluut enigiets regkry as jy opgewonde raak daaroor. Entoesiasme sit sterre in mense se oë en sit veerkrag in hulle tred. Geesdrif is die dinamiek agter alle vooruitgang en sukses. – Walter Chrysler-

ONS PERSONEEL As hoof en Beheerliggaam van Laerskool Goedehoop is die deurlopende ontwikkeling en opleiding van ons personeel van onskatbare waarde.

Skoolhoof

Gawie van Niekerk

Skoolhoof
Departementshoof Opvoedkundige leiding

Mariëtte Boyley

Departementshoof Opvoedkundige leiding
Departementhoof Grondslagfase

Illse Jordaan

Departementhoof Grondslagfase
Adjunkhoof

Abrie van Zyl

Adjunkhoof
Departementshoof Ekstra –kurrikulêre aktiwiteite

Johan Naudé

Departementshoof Ekstra –kurrikulêre aktiwiteite
Waarnemende Departementshoof

Lezaan van der Walt

Waarnemende Departementshoof
Waarnemende Departementshoof

Nadine Strydom

Waarnemende Departementshoof
Ons Skool
Ons Skool
Ons Skool

LEIERSkap by Goedehoop

By Goedehoop erken ons leierskap as ʼn godgegewe talent net soos baie ander talente waaraan ons bootgestel word. Net soos ander talente beskik ons in ʼn meerdere of mindere mate ʼn natuurlike gawe tot die talent. Met ander woorde, leierskap is meer natuurlik vir sekere leerders. Net soos ons aan ons ander talente slyp moet daar ook aan ons leierskap talent geslyp word.

By Laerskool Goedehoop glo ons in intensionele-, sowel as nie-intensionele ontwikkeling van leierskap en leierseienskappe. Sekere ontwikkeling is doelgerig gemik op die ontwikkeling van leierskap, terwyl ander aktiwiteite die kind as geheel vorm en  ʼn bydrae het op die ontwikkeling van sy of haar leierseienskappe. Geleenthede moet geskep word om leierskap te ontwikkel.

Ons glo die grondslag van leierskap lê in dienende leierskap. Wanneer ʼn kind leer om sy gemeenskap te dien ontwikkel ander eienskappe van leierskap, soos byvoorbeeld invloed. Die vermoë om ander saam te neem in die regte rigting. Vanaf die grondslagfase word alle kinders blootgestel aan verskillende rolle van leierskap. Aan die einde van graad 6 word ʼn verkiesing gehou vir die komende jaar se leiers.

Leierskap is ʼn voorreg en is harde werk, daarom moet leierskap op ʼn regverdige en regmatige basis ontwikkel word.

Leiers 2024

Leiers 2024

Skolierpatrollieleiers 2024

Skolierpatrollieleiers 2024

Ons Skool

WAT MOET EK AS OUER WEET EN WAT HET MY KIND NODIG

OPEDAG EN INSKRYWING

Opedag:  7 Junie 2024 om 14:30

Inligtingsaand:  6 Junie 2024 om 18:00

DIE EERSTE DAG IN GRAAD 1

Die meeste kinders loop die eerste dag in Graad 1 met breë glimlagte en oorgroot skoolklere rond.  Hulle is reeds gesoute skoolbywoners wat reeds by ʼn kleuterskool was.  Dit is egter normaal dat u kind bang en onseker kan wees. Lees meer.

SKOOLTYE

Die laerskool begin om 07:30, hier volg die uitkomtye vir die verskillende fases:
Graad 1 tot 3 kom 13:15 uit
Graad 4 tot 7 kom 13:30 uit

Goegieland begin om 08:00, hier volg die uitkomtye vir die verskillende grade:

Graad 000 kom 12:40 uit

Graad 00 kom 12:45 uit

Graad 0 kom 12:50 uit

DEPARTMENTELE SKOOLKALENDER

Volg hier die skakel om die kalender te sien.

SKOOLFONDS EN FINANSIELE INLIGTING

Skoolfonds vir 2024:

Graad 000 is R1700/maand oor 11 maande

Graad 00 tot 7 is R1800/maand oor 11 maande

BUSROETE

Sien onder algemene inligting.

NASKOOLSENTRUM

Laai hier nasorg-pamflet af.

SKRYFBEHOEFTES

Volg hier die skakel om die skryfbehoeftes te sien.

KLEUREDRAG EN SPORTDRAG

Volg hier die skakel om die winkel te sien.

WAT MOET EK AS OUER WEET EN WAT HET MY KIND NODIG

OPEDAG EN INSKRYWING

Opedag vind plaas op 2 Junie 2023 om 14:30

Inligtingsaand 1 Junie 2023 om 18:00

DIE EERSTE DAG IN GRAAD 1

Die meeste kinders loop die eerste dag in Graad 1 met breë glimlagte en oorgroot skoolklere rond.  Hulle is reeds gesoute skoolbywoners wat reeds by ʼn kleuterskool was.  Dit is egter normaal dat u kind bang en onseker kan wees. Lees meer.

SKOOLTYE

Die laerskool begin om 07:30, hier volg die uitkomtye vir die verskillende fases:
Graad 1 tot 3 kom 13:15 uit
Graad 4 tot 7 kom 13:30 uit

Goegieland begin om 08:00, hier volg die uitkomtye vir die verskillende grade:

Graad 000 kom 12:40 uit

Graad 00 kom 12:45 uit

Graad 0 kom 12:50 uit

DEPARTMENTELE SKOOLKALENDER

Volg hier die skakel om die kalender te sien.

SKOOLFONDS EN FINANSIELE INLIGTING

Skoolfonds vir 2023 beloop soos volg:

Graad 000 is R1550/maand oor 11 maande

Graad 00 tot 7 is R1650/maand oor 11 maande

Betaalbaar voor of op die 7de van elke maand.

BUSROETE

Sien onder algemene inligting.

NASKOOLSENTRUM

Laai hier nasorg-pamflet af.

SKRYFBEHOEFTES

Volg hier die skakel om die skryfbehoeftes te sien.

KLEUREDRAG EN SPORTDRAG

Volg hier die skakel om die winkel te sien.

Ons Skool

BUSROETE

Algemene inligting:

  • Hierdie diens is streng vooruitbetaalbaar. U sal na betaling by die skool se kassiere, ‘n kwitansie vir die kwartaal ontvang wat u kind aan die busbestuurder moet toon.

  • Die koste word per kwartaal verreken. Kontak Francis de Klerk vir die bedrag.

  • Die skool kan nie verantwoordelik gehou word indien u kind die bus verpas nie.

  • Daar sal ongelukkig geen diens na Charl Cilliers, Brendan, Trichardt of Kinross wees nie.

  • Ons as skool onderneem om aan al die vereistes van openbare padvervoer te voldoen.

  • ‘n Waglys sal opgestel word. Leerders wat reeds van die diens gebruik maak, kry elke kwartaal voorkeur.

     

Ons Skool

Grootskool:
Die groot dag is hier!

Hier volg ʼn paar wenke om die oorgang na die grootskool makliker te maak.

Voor die groot dag

  • Gaan kuier saam met u kind by die opedag.  Dit is die ideale geleentheid om die onderwysers te ontmoet en die terrein te leer ken.  Indien u nie die opedag kon bywoon nie, maak ʼn afspraak met die skool om die skool te besigtig.
  • Koop reeds skoolklere, skooltas en kosblik vroegtydig en merk dit duidelik met u kind se naam en van.  Dit gee meer sekuriteit.
  • Die skryfbehoeftepakkie word deur Goedehoop voorsien en is reeds by die skoolfonds ingesluit.
  • Die somervakansie maak plek vir luilekker somerdae met nie te veel roetine nie.  Maak seker dat kleinding ʼn week voor die skool begin, vroeg (20:00) gaan slaap om te verseker dat wanneer die skool begin die roetine weer gevestig is.
Ons Skool
  • Gesels met u kind hoe dinge by die skool gaan werk.  Juffrou gaan vir hom/haar slim leer lees, skryf en somme maak.  Pouse is dit broodjie- en speeltyd. 
  • Indien u kind by die naskool gaan wees, maak seker dat hy/sy weet waar dit is en wie die onderwysers daar is.
  • Skep opgewondenheid vir skoolgaan by u kind.  Dit is ʼn groot voorreg om te kan leer lees en skryf in ʼn veilige omgewing.  Skool is waar daar nuwe dinge geleer word en maats gemaak word.
  • Gesels met u kind oor die groot avontuur van skool toe gaan.  So kan u agter kom wat u kind se vrese en vrae is.
  • Maak seker u kind weet wat die skooltye, aktiwiteite en nasorgreëlings is.
  • Maak seker u kind kan self aantrek, skoenveters vasmaak, die badkamer korrek gebruik en hande was daarna.
  • Indien moontlik neem verlof vir die 1ste dag of tref reëlings om die oggend rustig saam met u kind te kan wees.

Nog net 1 slapie

  • Sit kleinding se skoolklere uit sodat dit net die volgende oggend aangetrek kan word.
  • Pak kleinding se skooltas saam met hom/haar sodat hulle in die gewoonte kan kom om dit self te doen.  So is dit vir u moontlik om seker te maak alles wat in die skooltas moet wees, is daar en u kind weet waar om iets te kry sou die juffrou na iets spesifieks vra.  Dit kweek ook selfstandigheid vir die res van hul skoolloopbaan.
  • Wanneer u die kosblik pak, maak u kind deel daarvan.  Laat hy/sy saam besluit watter lekker gesonde kos daarin moet kom.

1ste Skooldag

  • Gee genoeg tyd om rustig te kan klaarmaak en betyds by die skool te kan wees om spanning en ʼn gejaagdheid te voorkom.  Dit gee u die geleentheid om saam met u kind op die terrein te stap en seker te maak u kind is rustig.
  • Maak seker dat kleinding ʼn gesonde ontbyt eet, opgewondenheid kan veroorsaak dat hulle nie honger voel nie.
  • Pak ʼn lekker gesonde kosblik in, lekkergoed is ʼn bederf wat vir Vrydae gebêre word, geen gaskoeldrank nie.
  • Wanneer u kind by die klas is groet en vertrek dadelik, dit is vir u kind baie swaar indien mamma of pappa te lank talm.
  • As u dié dag huil, kan u kind dink dat die skool ʼn gevaarlike plek is.
  • Moenie vir u kind sê hoe baie u hom/haar gaan mis of wat u alles gaan doen nie.  Dit kan hom/haar skuldig laat voel en hulle wil dan nie skool toe gaan nie.
  • Reël met kleinding waar u vir hom/haar gaan wag wanneer die skool uit kom, wees betyds.  Indien daar onvoorsiende omstandighede is en u nie betyds gaan wees vir huis toe gaan tyd nie, kontak die skool vroegtydig.

Ekstra inligting

  • Woon die inligtingsaand by sodat u op hoogte is van hoe dinge by die skool werk.  Dit vind gewoonlik binne die 1ste week van die nuwe jaar plaas.
  • Skep ʼn in-boks/area waar u of u kind enige kommunikasie of skrywes van die skool kan sit waaraan u moet aandag gee.
  • Maak seker dat u bewus is van hoe die skoolfonds werk.  Oor hoeveel maande word skoolfonds betaal asook teen wanneer dit maandeliks betaal moet word.  Maak vroegtydig voorsiening vir die maande waarin daar skoolvakansie is, om sodoende te verseker dat u nie ʼn maand agter raak nie.
Ons Skool