Rekenaarsentrum

Gr. 00 & 0 Seewêreld

Graad 1 Cami

Graad 3 & 4 Entrepreneurskap

As jy kan lees, kan jy presteer!



– Rekenaarsentrum –
In die middae na skool word daar basiese rekenaarklasse aangebied vir Gr 00 – 7 teen R 400.00 per kwartaal. Hier word u kind meer geleer van wat ‘n rekenaar is en waaruit ‘n rekenaar bestaan.
Wat gaan vir u kind geleer word:
Graad 00 – 1
Basiese rekenaarvaardighede word aangebied volgens u kind se kennisvlak en ontwikkelingsvlak.
Ons gaan kyk na:
Hoe lyk ‘n rekenaar?
Hoe werk ‘n rekenaar?
Basiese Ergonomie (reg sit, gereëlde rusperiodes, ens.)
Basiese vaardighede (muis en sleutelbord)
Perseptuele vaardighede word ontwikkel deur middel van:
Kleure, Vorms
Geheue oefeninge
Syfervaardighede
Kreatiwiteit
Graad 2
Kwartaal 1:
Basiese Ergonomie (reg sit, gereëlde rusperiodes, ens.)
Microsoft Paint (uitgestrek oor die kwartaal)
Vingers op sleutelbord (basiese tikvaardighede)
Kwartaal 2:
Leer Word ken (beginner)
Kwartaal 3:
Leer Excel ken (beginner)
Kwartaal 4:
Leer Power Point ken (beginner)
Algemeen per program
Oop en toe maak
“Save” van dokument
Wat kan jy als in die program doen / maak.


Graad 3 – 7
Rekenaargeletterdheid en entrepreneurskap word saam bemeester.
Elke graad het sy eie tema:
Gr 3 – Beplanning en bestuur van snoepie
Gr 4 – Gaskunstenaar besoek dorp (beplanning)
Gr 5 – Kies jou eie besigheid
*Ontvang ‘n junior entrepreneur diploma na 3 jaar.
Gr 6 – Reël van ‘n sportdag
Gr 7 – Beplanning en samestelling van ‘n besigheidsplan
*Ontvang ‘n senior entrepreneur diploma na 5 jaar.
Gr 00 – 1 klasse word twee keer per week per graad vir ‘n halfuur aangebied, na skool.
Gr 2 – 7 klasse word een keer per week per graad vir ‘n uur aangebied, na skool.
U kind sal ‘n sertifikaat ontvang vir sy/haar deelname aan die einde van die jaar.
Laerskool Goedehoop Rekenaarsentrum kontakbesonderhede:
E-pos: ghlsmiddagrekenaarklasse@gmail.comType your paragraph here.

Leeslab #2
Leeslab#2
Ons is baie opgewonde en vreeslik trots om te sê dat Goedehoop op Maandag, 11 Februarie 2019 die deure van ons 2de leessentrum ge-open het! Mnr. Ferreira was teenwoordig om die lint te knip.
Die tweede leessentrum sal bekend staan as die Junior Lesslaboratorium en is spesifiek gebou om die Gr. 1 – 3 maats te kan akkomodeer met laer tafels en kleiner stoeletjies.