Sport

Mini - Netbal

Mini-Hokkie

Tennis

Pumaki

Pikkie-Atletiek

Mini - Trompoppies

Atletiek

Netbal

Rugby

Skaak

Hokkie

Bergfietsklub

Krieket

Gholf

Landloop

Wikkel-Spikkel

By Laerskool Goedehoop bied ons Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket, Atletiek……………

Mini-Sporte wat Goedehoop aanbied is: Mini-Netbal, Pumakies, Mini-Hokkie, Mini-Tennis. Goedehoop moedig massa deelname aan by ALLE mini-sporte. Deur massa deelname skep ons vir elke kind die geleentheid om optimaal te ontwikkel. Spanne word eweredig verdeel, met maatjies wat nog ontwikkeling nodig het wat saam met vaardige maatjies in ‘n span deel. So skep ons die geleentheid dat elke maatjie sy of haar volle potensiaal bereik. Deur geleenthede te skep en geleenthede vir ons kinders te soek kry ons die resultate wanneer dit regtig saak maak. Mini-sporte van aangebied word is Mini-Netbal, Pumakies, Mini-Hokkie, Mini-Tennis.

Atletiek is ‘n kort seisoen en vind hoofsaaklik plaas in die 1ste kwartaal van die jaar.  Dit verg baie tegniek en harde oefening en verskillende items word aan verskillende ouderdomsgroepe toegedien.

 

INDELING VAN OUDERDOMME IN VERSKILLENDE ITEMS

5 jaar

60 m

6 jaar

60 m

7 jaar

60 m / 80 m

8 jaar

60 m / 80 m

9 jaar

60 m / 80 m

10 jaar

80 m / 100 m / 1200 m / 70 m Hekkies / Verspring / Hoogspring

11 jaar

80 m / 100 m / 1200 m / 70 m Hekkies / Verspring / Hoogspring / Gewigstoot

12 jaar

100 m / 150 m / 1200 m / 75 m Hekkies / 150 m Hekkies, Verspring / Hoogspring / Gewigstoot / Diskus / Spiesgooi

13 jaar

100 m / 200 m / 800 m / 1500 m / 75 m Hekkies (dogters) / 80 m Hekkies (seuns) / 200 m Hekkies / Verspring / Hoogspring / Gewigstoot / Diskus / Spiesgooi

Dit is met trots dat Goedehoop spog met A- èn B-spanne vanaf o/10 tot o/13. Die o/10A- tot o/13A-netbalspan neem jaarliks aan Super 12 deel. Beide die A- en B-spanne neem deel aan die liga wat uitspeel tydens Gert Sibande Kampioenskappe. Behaal hulle eerste twee plekke by Gert Sibande dring hulle deur na die Mpumalanga Kampioenskappe en van daar Top Schools (SA’s). Al is daar geen liga vir die o/10-dogters nie word hulle steeds die geleentheid gegee om wedstryde te speel en te ontwikkel. Die spelers word ontwikkel deur kursusse asook toere wat gedurende die Maart/April vakansie plaasvind. Die afrigters is NSA Vlak 1 tot 7 gekwalifiseerd en Goedehoop se skeidsregters is ervare en is gekwalifiseerd op provinsiale- asook SASN-vlak.

Daar is nie ‘n skool in die omgewing wat meer of beter geleenthede skep vir laerskole rugby nie.  Ons meet ons jaarliks met die groot kanonne in die stad soos, Kruinsig, Randhart en Selectionpark vir voorseisoen wedstryde.  Ons gaan na prestige toere by Camp Discovery en Konka Kampe.  Vir meer geleenthede vir groei neem ons deel aan Super 12 en ons spog jaarliks met goeie resultate in die liga.  Ons skool is geseënd met top kwaliteit afrigters wat gekwalifiseerd is en ongelooflik passievol is.  Ons is ‘n kleinskool wat kompeteer teen die beste.  Ons rugby leuse is:  “To be the best, compete against the best.”

 

Daar is nie ‘n skool in die omgewing wat meer of beter geleenthede skep vir laerskole rugby nie.  Ons meet ons jaarliks met die groot kanonne in die stad soos, Kruinsig, Randhart en Selectionpark vir voorseisoen wedstryde.  Ons gaan na prestige toere by Camp Discovery en Konka Kampe.  Vir meer geleenthede vir groei neem ons deel aan Super 12 en ons spog jaarliks met goeie resultate in die liga.  Ons skool is geseënd met top kwaliteit afrigters wat gekwalifiseerd is en ongelooflik passievol is.  Ons is ‘n kleinskool wat kompeteer teen die beste.  Ons rugby leuse is:  “To be the best, compete against the best.”

 

Die seniorhokkie begin vanaf o/11 tot o/13 vir beide seuns en dogters met elke span wat sy eie afrigter het. Al die spanne word vir die liga ingeskryf met die o/13-seuns en –dogters wat ook die geleentheid kry om aan Super 12 deel te neem. Jaarliks word toere bygewoon en die afrigters en skeidsregters is gekwalifiseerd. Goedehoop dring gereeld deur na Mpumalanga-finaal waar ons onder die Top 5 eindig. Verskeie van ons spelers word opgeneem in die provinsiale spanne. Sedert 2019 gee Goedehoop vir die o/10’s die geleentheid vir ontwikkeling en afrigting, dit gee hulle die voorbereiding vir die seniorliga wanneer hulle o/11 speel.

Almal is welkom om deel te neem aan die Bergfiets wat in die 3de kwartaal van die jaar plaasvind – geen proewe word gehou nie. As ‘n leerder in besit is van ‘n fiets en pletterpet is hulle baie welkom om saam te kom oefen. Goedehoop vorm deel van die Spur Bergfiets wedrenne wat op Saterdae plaasvind. Die drag vir wedrenne is ‘n Bergfietshemp / Mooi-mooi hemp en swart “ski-pants” / Mooi-mooi broek.

In die strewe na uitnemendheid en ten einde die beeld van Laerskool Goedehoop as “Die Voorkeur Skool In Secunda” te handhaaf, is ‘n trotse kriekettradisie en geskiedenis een van die elemente wat vir ons van groot belang is.  Ons roem onsself daarop dat ons, ons beste probeer om die unieke gewildheid en aanloklikheid van krieket, wat gewortel lê in die feit dat krieket nie net ‘n spel is wat binne ‘n stel tegniese reëls gespeel word nie, maar dat daar ‘n bepaalde kultuur en gees rondom die spel bestaan, by ons leerders aan te kweek. Hierdie is belangrik vir leerders ten einde bydrae te lewer in die geheelontwikkeling van ons leerders.

Ons is ook baie opgewonde om oor die Mpumalanga Laerskole se besluit om die liga weer vanaf 2019 in ‘n Hoëveld- en Laeveldstreke op te deel, want dit gaan tot gevolg hê dat ons liga-seisoen soveel langer is en dat ons teen die top-krieketskole in die provinsie gaan meeding.  Ons is reeds besig om Laerskool Goedehoop se naam hoog te dra binne hierdie nuwe liga.

Ons glo steeds daarin om vir ons leerders soveel moontlike blootstelling en ervaring te gee, daarom gaan toer elke span (o/9 – o/13) elk jaar in die Julie-vakansie ter voorbereiding vir die komende liga.  Tans is ons kriekettoere by die pragtige bosveldkoninkryk van Jubaweni in die Limpopo provinsie.  Die leerders en die ouers is mal oor hierdie geleentheid om in die koue maande ‘n paar dae in die lekker warm bosveld te gaan deurbring.  Ons o/11- en o/13-spanne neem ook jaarliks aan die Super 12 kriekettoernooi deel in Rustenburg.  Hier meet ons kragte met van die beste skole noord van die Vaalrivier, en kry ons seuns ongelooflike goeie blootstelling en voorbereiding voor die Mpumalanga liga begin.

 

Gholf is vir Laerskool baie belangrik, soos enige van die ander aktiwiteite. Daar word gewoonlik drie seunspanne en een dogterspan gekies wat in die vierde kwaartaal aan die liga deelneem. Voor die liga toer die spanne as voorbereiding vir die liga. Ons neem ook deel aan die Ernie Els SA’s Toernooi, Super 12 asook Hoëveldgroep.