Tennis

Wernich #1 in Mpumalanga

Wernich #1 in Mpumalanga

Wernich rossouw het vanaf 25 – 27 Januarie 2019 aan die Mpumalanga Finale Tennisproewe deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het hy gewen en is as die nommer 1 Laerskole Seunstennisspeler in Mpumalanga aangewys. Hy verteenwoordig Mpumalanga vanaf 15 – 19 Maart 2019 in Bloemfontein tydens die jaarlikse SA Interprovinsiale Tennistoernooi.

Wernich gekies om VSA te besoek

Wernich gekies om VSA te besoek

Wernich Rossouw is na afloop van die jaarlikse interprovinsiale Tennistoernooi in Bloemfontein gekies as lid van die Suid-Afrikaanse Skole tennisspan. Die span bestaan uit die 8 beste laerskole tennisspelers in die land. Hulle sal van 17 – 29 Augustus 2019 na Amerika toer waar hulle onder andere ‘n oefenkamp by die Universiteit van Illinois in Texas gaan bywoon, Suid-Afrika in 2 toernooie verteenwoordig, en die Amerikaanse Ope tennistoernooi in New York gaan besoek.

Wernich speel reeds van 6 jarige ouderdom tennis, en het Mpumalanga op o/13-vlak verteenwoordig vandat hy 11 jaar oud was. Hy was reeds op 12 jaar oud die nr. 1 laerskole tennisspeler in die provinsie, en is die eerste seun uit Mpumalanga wat die SA skolespan haal. Sy afrigter, Pieter Opperman, was self ‘n top junior en professionele tennisspeler.